Sorry for the Afrikaans:
Gestoeiery met Velskoentjies
Die seuntjie vra die juffrou om te help en sy kon sommer ook dadelik sien hoekom.
Selfs met haar gedruk en getrek kon sy nie die vellies aan die outjie se voete kry nie.
Teen die tyd dat sy by die tweede vellie uitkom, breek 'n lagie sweet op haar voorkop deur
en die hare begin slierte raak hier by haar ore se kant.
Dis toe dat die mannetjie so tussen die vier afwesige voortandjies se:
"Juffrou, hierie kant se vellie is aan die verkeerde voet".
Sy kyk, en so wrintiewaar. Haar wange slaan blos, want die knoppies en metertjies daar
diep binne begin nou 'hallo' sê.
Die uittrek van die verkeerde vellie was g'n makliker as die aantrekslag
nie. Haar linkerooglid begin onwillekeurig spring en sy voel of almal
van honderd meter ver dit kan sien.
Sy hou kop en sy en die outjie begin weer, hierdie keer aan die regte voete.
Dit gaan nou wrintie vinniger, totdat die mannetjie kordaat aankondig:
"Hierie issie my vellies nie!"
Op pad om in sy gesig te skree, byt die juffroutjie per ongeluk haar tong raak.
Sy kom tot verhaal en sê: "Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?"
Weer is dit 'n gestoei om die vellies wat nou maar net nie wil pas nie uit te trek.
Pas is die vellies uit, toe sê die mannetjie: "Dis my boetie se vellies, my ma
het my dit gemaak aantrek vanoggend skool toe!"
Die juffroutjie sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer van
voor af die vellies aan sy voete stoei.
Uiteindelik!
Sy help hom sy truitjie aantrek, en sy vra: "Nou waar is jou kouse?"
Hy sê: "Ek het hulle voor in my vellies gebêre…"